Sunday, December 14, 2008

Die skool sluit Vrydag!!!

Adriaan het vandag sy eerste rapport gekry in Aus. Hy gaan nie net in 2009 Jaar 10 toe nie, maar hy het baie goed aangepas in die skool en ons is baie dankbaar daarvoor.











Jan de Wet sing in Sydney

Dit was voorwaar 'n belewenis! Ons het lekker saamgesing, saam verlang en saam 'n traan gestort.





Sydney Hawebrug

Ons is Saterdag met die ferry stad toe om oor die hawebrug te gaan stap. Op pad soontoe met die ferry het ons in Darling Harbor gestop waar hierdie passasierskip geanker was. Hierdie skepe is reusagtig.












By Circular Quay aangekom was daar nog 'n groot skip.







Op die voorgrond is die ferry waarmee ons ry. Dit is sommer klein teen die skip.






Ons stap deur die Rocks op pad brug toe.






Die bokant van die toring waarin ons geklim het.



Die eerste uitkykpunt.































Riana werk in die gebou met die wit sambrele.












Jy kan oor die boog van die brug stap as jy 'n aardige bedraggie betaal.


Saturday, December 6, 2008

Ku-Ring-Gai Chase Nasionale Park

Hierdie park is in die noorde van die stad. Jy kan omtrent tot in ewigheid sien. Dit is asemrowend mooi.



Die ligtoring by Palm Beach. Jy kan tot bo klim. (Ons gaan nog)


'n Boot is 'n noodsaaklikheid as jy hier bly. (Dit moet ook nog kom)













Ag, dis lekker hier!










Die kookaburra was nie skaam om te poseer vir 'n fotosessie nie.