Monday, May 18, 2009

Ons kan amper trek

Ons hoop om hierdie huis te kry om te huur.
























































Friday, May 8, 2009

Huis soek

Teen die einde van die maand is ons een jaar in Sydney. More begin die groot soek na 'n nuwe blyplek. Die woonstel is hopeloos te klein. Meer as helfte van ons bokse en meubels is opgestapel op een parkeerplek en in een kamer. Ons kan nie wag om in 'n groter plek in te trek nie! Die woonstel waarin ons bly is verkoop en ons huurkontrak verval in Junie.

Nico het baie tyd spandeer aan huis soek op die internet. Huur huise is minder skaars en meer bekostigbaar as toe ons verlede jaar hier gekom het. Die agente adverteer 'n tyd wanneer 'n huis oop is vir inspeksie. Die tyd is enige iets tussen 15 minute en 45 minute. Jy moet dan baie seker maak jy is in daardie tyd daar en dan moet jy sommer dadelik 'n aanbod teken, anders verloor jy die huis. Verlede jaar het ons nog nie 'n kar gehad toe ons huis gesoek het nie en dit is nou baie makliker. Ons ken die stad en vervoerstelsel ook beter as toe ons hier gekom het. Adriaan wil nie van skool verskuif nie en ons weet ten minste waarheen hy elke dag van die openbare vervoer moet gebruik maak. So kan ons huise soek waar dit maklik is vir hom om by die skool te kom en vir my om by die werk en die klante te kom.

Een van my kollegas is al langer as 5 jaar hier en het 'n groot Suid-Afrikaanse netwerk opgebou waarby ons ook ingeskakel het. Die manne kom elke tweede week een aand bymekaar by 'n hotel waar hulle 'n vleisie braai en bier drink. Sodra ons in die huis is, kan ons van hierdie mense en van my kollegas nooi vir ete...ons sal net moet eetkamer stoele koop. Ons kan nie wag om te trek nie!