Tuesday, August 11, 2009

Ander Huis

Na lank se wag het die agent ons laat weet dat daar 'n probleem is met die herstelwerk aan die huis wat ons wil huur. Ons wil nou 'n ander huis huur wat min of meer in dieselfde omgewing is. Dit is meer geskik vir Riana wat vervoer aanbetref, maar effens moeiliker vir Adriaan. Hier is 'n paar foto's.


















Ons kan eers teen middel September intrek en tel al die dae af.
Intussen besoek ons gereeld die Lane Cove Nasionale Park, 'n ideale plek om Sondae die batterye te laai vir die week. Dit is 'n bewaarde gebied in die stad met baie bome en daar is 'n rivier en dam met eende. Ons was nog elke keer teen laatmiddag daar en kon nog nie mooi foto's neem nie. Mens kan ver stap of fiets ry en daar is lekker piekniek plek.
Sondag het ons besluit om Fishermans Beach toe te ry op die noordkus. Daar aangekom was daar 'n hele klomp helikopters en die polisieboot was op die water, maar ons het die kameras by die huis vergeet! Ons het uitgevind daar is 'n man wat gesnorkel het wat vermis geraak het. Teen laatmiddag is die soektog gestaak weens swak lig. Hy het met 'n swaar belt gesnorkel en hulle vermoed hy is in 'n grot ingetrek. Hy het die volgende dag op die strand uitgespoel, baie hartseer vir sy naasbestaandes. Hy was nog jonk en het jong kinders.