Sunday, October 25, 2009

Ons Nuwe Blyplek

Ons het uiteindelik ingetrek en hier is 'n paar foto's.




Die Voordeur















Agterdeur



Thursday, October 1, 2009

Ons trek uiteindelik in 'n huis in

Die bokse staan hoog gestapel en byna alles is gepak. Maandag is 'n vakansiedag en ons trek uiteindelik in 'n huis in. Daar is tot regte gras buite, nie baie nie, maar daar is genoeg om 'n grassnyer te kry.

Trek lyk nogal anders hier as in SA. Dit is baie duur om iemand te kry om dit vir jou te doen. Jy kan ook nie gou iemand kry om te help en almal kom daar aan met hulle bakkies nie. Nee, hier is net Utes, nie bakkies nie en hulle is maar yl gesaai en hier is ook nie familie nie. So, die spiere gaan maar moet werk. Ons huur 'n klein lorrietjie. Hy is so klein jy het nie 'n spesiale lisensie nodig om dit te bestuur nie. Die lorrie het 'n hyser aan die agterkant. Nico en Adriaan het trollies gebou en 'n trollie gekoop vir die bokse. So, dit gaan 'n laaaang langnaweek en 'n week wees. Ons internet gaan ook vir 'n tydjie af wees en ons sal foto's plaas sodra dit weer werk.