Saturday, December 26, 2009

Einde 2009

Die blog is regtig lanklaas opdateer, maar ons was redelik besig.

Ons was bietjie strand toe...



So het ons parkeerplek gelyk by die woonstel.




Net voor die groot trek.


'n Sondagmiddag stappie in die park.


Die sandstorm was net voor die trek. Ons moes die huis skoonmaak om in te trek en die woonstel moes skoon wees toe ons uittrek.









Die trek. Daar was nie tyd vir verlof nie, maar gelukkig was dit skoolvakansie.





























Toe breek dit aan waarna ons so lank uitgesien het. Oups en Ouma kom in Sydney aan.
Piekniek in Lane Cove Park. Alhoewel ons in 'n groot metropolitaanse stad bly, is daar hope plek vir ontspanning. Die park is in die stad en daar is lieflike piekniekplek en bietjie bos en water waar mens kan bootjies huur en roei.

























Vakansie is darem lekker. Ons het bietjie gaan stap by Circular Quay in die omgewing van die operahuis en 'n wafel geniet by die sjokoladwinkel. Njammies.








Toe word die bederftyd nog groter. Nico en Onica het by ons aangesluit en ons het gaan boot ry op die hawe.








Dit was nogal winderig :)




'n Rustige wandeling in die Botaniese Tuin.




Hierdie voels is mak in die Botaniese tuin, maar hulle is ook tuinvoels.




Oupa neem 'n middagslapie.





Nico & Onica het heerlike vark fillet gemaak.



'n Uitstappie na die blow hole in Kiama










Toe verras die gety ons. Nie sulke elegante ballerinas nie.











Oukersaand 2009 met die familie















Nico Jnr doen 'n paar "pull ups" terwyl ons stokbrood & boerewors braai.









Onica maak geskenkies oop




Adriaan was in sy noppies met sy geskenke.



Kersdag met familie & vriende

Adriaan, Nico, Elaine, Phillip (bo), Clinton (onder), Ouma, Oupa, Onica, Nico Jnr



Dit is nou soos die advertensie sĂȘ: "Priceless".