Sunday, February 1, 2009

Bondi Beach

Die skool het begin en alles is weer terug in roetine. Nico het nog nie werk nie, maar daar is nou weer meer advertensies en ons hou duim vas dat hy binnekort iets sal kry.


Ons swem die eerste keer by Bondi Beach.....moes dit lankal gedoen het!




Ons is eers laatmiddag strand toe en dit was nie die besigste tyd van die dag nie. Alhoewel daar baie mense is, is die strand so groot dat jy nog steeds lekker kan swem. Die Aussies is 'n swem nasie en daar is baie van hulle wat hier oefen en baie wat draf. Hier is nie 'n verskoning vir onfiksheid nie. Hulle swem die hele lengte van noord na suid, dit is vrek ver.




En hier dans hulle bietjie, met spykerhakke en al.













Nou waar is ons handdoeke?




Op pad terug het die Chinese nuwejaar gevier in die stad. Ons was ongelukkig nie in 'n posisie om die kleurvolle optog af te neem nie.









Botany Bay 24/01/09

Hierdie is die hawe waar die groot skepe met die houerbakke inkom. Daar staan massas houerbakke aan die agterkant vanwaar Nico staan.


Die koppe lei na die see.
























Daar was 'n hittegolf en dit was 42 grade Celcius. Kyk hoe dood was die gras en die plante.




















Tuesday, January 6, 2009

"Comments" is terug

Ons kon van die ongewenste "comments" ontslae raak en dit is nou weer oop vir "comments".

Thursday, January 1, 2009

Voorspoedige Nuwejaar

Aan almal wat gevra het, dit gaan regtig goed met ons. Ons is gelukkig in Sydney. Dit is 'n pragtige stad en ons geniet dit hier. Ons het mettertyd aanpassings gemaak om van 'n plot in 'n woonstel in te trek, maar dit is tydelik. Teen die middel van die jaar behoort ons in 'n huis te kan intrek om weer 'n tuintjie te maak en 'n hondjie te koop. Adriaan is nie dolgelukkig nie, want dit is moeilik om tussen vreemde kulture aan te pas en sy broer is in Suid-Afrika. Hulle mis mekaar geweldig en ons mis hom ook. Adriaan mis die skool in Suid-Afrika, die vriende en die omgewing waar ons gebly het. Dit is maar 'n proses waardeur ons werk en dit neem tyd.

Nico het nog nie werk nie, maar dit is 'n slegte tyd van die jaar om werk te soek en ons glo daar sal binnekort iets gebeur. Ek moes aanpassings maak om weer projekte te bestuur, maar dit was die moeite werd en ek geniet dit. Gelukkig is die maatskappy dieselfde en dit het dit veel makliker gemaak. Ons het ook vinnig vriende gemaak met 'n gesin wat 'n paar weke voor ons hier aangekom het. Ons kon baie op mekaar steun wat dit vir albei gesinne makliker gemaak het. Hulle bly net bietjie ver van ons af. Ons sal nog foto's van hulle plaas.

Ons het ongelukkig vreemde boodskappe op die blog gekry en moes die "comments" de-aktiveer. Dankie vir al die SMS boodskappe, Facebook boodskappe en e-pos en veral vir almal se gebede. Ons mis die familie en vriende vreeslik, maar mens kan nie jou broodjie aan albei kante en op die korsies gebotter hĂȘ nie.

Aan die wat daaraan dink om te kom kuier, hou op dink en doen dit net!

Baie liefde van ons almal.

Vuurwerke op Oujaarsaand!

Die burgemeester moes verduidelik waarom sy meer as $5 miljoen op die vuurwerkvertoning spandeer het. Hier is haar antwoord soos op Yahoo: "Ms Moore said this year's theme of creation was fitting for the world's current climate. "I think we're facing the biggest crises we've ever faced with global warming, the global financial crisis," she said. "We have to all realise that we've got to start doing things in new ways, so I think it's really critical. I also think it's really important to bring people together at a time of crisis.""

Dit was 'n onbeskryflike ervaring. Die kamera kan ook nie die ervaring vaslĂȘ nie, maar dit gee darem 'n idee. Ons was naby ons huis (nie in die stad by die brug nie) en het die vertoning van ver af dopgehou.












Die boog in die middel van die foto is die boog van die brug.









































Teen die einde van die vertoning was die lug so vol rook, dat jy nie alles mooi kon sien nie. Die wind het in ons rigting gewaai wat dit bietjie erger gemaak het.


Dit is iets wat ek nog altyd wou beleef. Hoop dit maak die wat lus het om te kom kuier genoeg lus om volgende Oujaarsaand oor te kom.


Palm Beach











Oukersaand