Wednesday, June 10, 2009

Ons gunsteling winkel in die stad



Kos- en Wynfees in Manly

Ons is Saterdag Manly toe en het vriende van die werk daar ontmoet by die kos- en wynfees. Daar was geweldig baie mense en ons het nie gedink ons sal kan kuier nie, maar ons het 'n plekkie op die pawiljoen by die strand gekry en lekker gesels. Ons het so baie gebabbel dat ons nie eens 'n foto van die groep geneem het nie.

Jy koop 'n glas wat jy om jou nek kan hang, dan is daar 'n klomp stalletjies waar jy kos en wyn kan koop. Ons het die Suid-Afrikaanse restaurant se "steak rolls" gekoop. Jy kan nie verkeerd gaan met Suid-Afrikaanse vleis nie.











Tuesday, June 9, 2009

Trek uitgestel

Die trek is uitgestel....maar nie vir lank nie. As gevolg van baie lekker reën is die werk by die huis nie klaar nie. Ons aansoek is aanvaar, maar ons kan nie by die huis uitkom nie. Die oprit na die huis toe is te steil vir 'n gewone voertuig en dit is opgekap. Dit word al langs die helling herlei. Intussen het dit so baie gereën, dat die werk vertraag is. Ons moet nou nog 'n maand in die woonstel aanbly. Daar is baie slaapkamers en ons sien uit daarna om dit oor Kersfees vol te maak. Ons Ellis ouers, ons Nico seun en sy vriendin kom kuier oor Kersfees en Nuwejaar. Ons kan nie wag nie!