Wednesday, April 15, 2009

Paasnaweek in Jervis Bay

Op aanbeveling van die wat die verkeer ken, is ons Goeie Vrydag 3-uur die oggend by die huis weg Jervis Bay toe. Daar aangekom was ons net betyds om die sonsopkoms te waardeer.















































































Ons het in die blou huis gebly, langs die "creek".





































Na die "harde werk" is dit tyd vir ontbyt in Vincentia.



Die nota op die OTM: This ATM swallows cards, does not give money!
Ons soek ook nog na die een wat die geld gee.




Clown!




Die water is glashelder
















Teen sononder is dit tyd om 'n vleisie te braai op die strand.




















Saterdag was 'n heerlike dag. Ons het die kayaks by Huskisson gehuur en Nico en Adriaan het dit tot by die blou huis geroei.
Twee pylsterte op die rotse op die strand.


















Die voël het maar weggebly van die pylsterte af.




Saterdagaand het die reën ons teruggejaag en ons het onder die afdak gebraai, maar toe kry ons 'n volledige vuurwerk vertoning in die reën.










Ons geniet stokbrood met boerewors en aartappelslaai.


Sondag het ons weer ver geroei.




Ouderdom is nie 'n verskoning vir luiheid nie. Die tannie loop fluks met 'n kierie op die strand...



Hierdie oom is lekker fiks. Hy swem in een rigting en draf dan terug.






Jellievissies by St Georges Basin - 'n hele wit kol. Daar was 'n hele paar sulke skole.































Sondag was die laaste lekker aand vir braai.


Maandag het dit omtrent die hele dag gereën en die kayaks moes teruggaan.
Kangeroes op die plaas


Dolfyne - hulle was net bietjie haastig.








Dit was 'n moeilike roei. Dit het opgehou reën, maar die deinings was groot. Ons het besluit om verder in die rivier op te roei, maar dit het weer begin reën en ons was net betyds terug.
Dinsdag het ons nog bietjie verder suid gery en na Governors Head gaan kyk in Booderee Nasionale Park voor ons huis toe is.










Red-bellied black snake



Hole in the wall



Die pad huis toe. Daar was padwerke en ons het hierdie ompad gevolg wat baie mooier was as die snelweg.

Plase


Blow Hole by Kiama. Dit was ongelukkig laagwater, maar steeds die moeite werd.











Ligtoring by Kiama