Monday, July 13, 2009

Ons kan nog steeds nie trek nie!

Die frustrasie loop hoog in die Henning vuurhoutjieboks-grootte huishouding. Die huis waar ons wil intrek is nie gereed nie. Hulle is nog besig met veranderings in die badkamers, verfwerk, ens. Gelukkig kan ons langer aanbly in die woonstel, maar ons moet 21 dae kennis gee wanneer ons wil trek. Die bokse is van hoek tot kant opgestapel op die een parkeerplek tot teen die dak. Omtrent alles is gepak en staan die spasietjie vol in die woonstel, maar dit is 'n kwessie van "all dressed up and nowhere to go". Adriaan is met vakansie, maar die trek gaan na die vakansie plaasvind. So brom ons elke aand in mekaar se ore, maar ons weet nog nie wanneer ons kan trek nie. Ons het begin uitkyk vir 'n ander huis, maar kon nog nie iets soortgelyks kry nie. Maar glo my, elke hond kry sy dag en 'n brak..... kry 'n week!