Tuesday, January 6, 2009
"Comments" is terug
Ons kon van die ongewenste "comments" ontslae raak en dit is nou weer oop vir "comments".
Thursday, January 1, 2009
Voorspoedige Nuwejaar
Aan almal wat gevra het, dit gaan regtig goed met ons. Ons is gelukkig in Sydney. Dit is 'n pragtige stad en ons geniet dit hier. Ons het mettertyd aanpassings gemaak om van 'n plot in 'n woonstel in te trek, maar dit is tydelik. Teen die middel van die jaar behoort ons in 'n huis te kan intrek om weer 'n tuintjie te maak en 'n hondjie te koop. Adriaan is nie dolgelukkig nie, want dit is moeilik om tussen vreemde kulture aan te pas en sy broer is in Suid-Afrika. Hulle mis mekaar geweldig en ons mis hom ook. Adriaan mis die skool in Suid-Afrika, die vriende en die omgewing waar ons gebly het. Dit is maar 'n proses waardeur ons werk en dit neem tyd.
Nico het nog nie werk nie, maar dit is 'n slegte tyd van die jaar om werk te soek en ons glo daar sal binnekort iets gebeur. Ek moes aanpassings maak om weer projekte te bestuur, maar dit was die moeite werd en ek geniet dit. Gelukkig is die maatskappy dieselfde en dit het dit veel makliker gemaak. Ons het ook vinnig vriende gemaak met 'n gesin wat 'n paar weke voor ons hier aangekom het. Ons kon baie op mekaar steun wat dit vir albei gesinne makliker gemaak het. Hulle bly net bietjie ver van ons af. Ons sal nog foto's van hulle plaas.
Ons het ongelukkig vreemde boodskappe op die blog gekry en moes die "comments" de-aktiveer. Dankie vir al die SMS boodskappe, Facebook boodskappe en e-pos en veral vir almal se gebede. Ons mis die familie en vriende vreeslik, maar mens kan nie jou broodjie aan albei kante en op die korsies gebotter hĂȘ nie.
Aan die wat daaraan dink om te kom kuier, hou op dink en doen dit net!
Baie liefde van ons almal.

Vuurwerke op Oujaarsaand!
Die burgemeester moes verduidelik waarom sy meer as $5 miljoen op die vuurwerkvertoning spandeer het. Hier is haar antwoord soos op Yahoo: "Ms Moore said this year's theme of creation was fitting for the world's current climate. "I think we're facing the biggest crises we've ever faced with global warming, the global financial crisis," she said. "We have to all realise that we've got to start doing things in new ways, so I think it's really critical. I also think it's really important to bring people together at a time of crisis.""
Dit was 'n onbeskryflike ervaring. Die kamera kan ook nie die ervaring vaslĂȘ nie, maar dit gee darem 'n idee. Ons was naby ons huis (nie in die stad by die brug nie) en het die vertoning van ver af dopgehou.

Subscribe to:
Posts (Atom)