Thursday, January 1, 2009

Voorspoedige Nuwejaar

Aan almal wat gevra het, dit gaan regtig goed met ons. Ons is gelukkig in Sydney. Dit is 'n pragtige stad en ons geniet dit hier. Ons het mettertyd aanpassings gemaak om van 'n plot in 'n woonstel in te trek, maar dit is tydelik. Teen die middel van die jaar behoort ons in 'n huis te kan intrek om weer 'n tuintjie te maak en 'n hondjie te koop. Adriaan is nie dolgelukkig nie, want dit is moeilik om tussen vreemde kulture aan te pas en sy broer is in Suid-Afrika. Hulle mis mekaar geweldig en ons mis hom ook. Adriaan mis die skool in Suid-Afrika, die vriende en die omgewing waar ons gebly het. Dit is maar 'n proses waardeur ons werk en dit neem tyd.

Nico het nog nie werk nie, maar dit is 'n slegte tyd van die jaar om werk te soek en ons glo daar sal binnekort iets gebeur. Ek moes aanpassings maak om weer projekte te bestuur, maar dit was die moeite werd en ek geniet dit. Gelukkig is die maatskappy dieselfde en dit het dit veel makliker gemaak. Ons het ook vinnig vriende gemaak met 'n gesin wat 'n paar weke voor ons hier aangekom het. Ons kon baie op mekaar steun wat dit vir albei gesinne makliker gemaak het. Hulle bly net bietjie ver van ons af. Ons sal nog foto's van hulle plaas.

Ons het ongelukkig vreemde boodskappe op die blog gekry en moes die "comments" de-aktiveer. Dankie vir al die SMS boodskappe, Facebook boodskappe en e-pos en veral vir almal se gebede. Ons mis die familie en vriende vreeslik, maar mens kan nie jou broodjie aan albei kante en op die korsies gebotter hĂȘ nie.

Aan die wat daaraan dink om te kom kuier, hou op dink en doen dit net!

Baie liefde van ons almal.

No comments:

Post a Comment