Sunday, February 1, 2009

Bondi Beach

Die skool het begin en alles is weer terug in roetine. Nico het nog nie werk nie, maar daar is nou weer meer advertensies en ons hou duim vas dat hy binnekort iets sal kry.


Ons swem die eerste keer by Bondi Beach.....moes dit lankal gedoen het!




Ons is eers laatmiddag strand toe en dit was nie die besigste tyd van die dag nie. Alhoewel daar baie mense is, is die strand so groot dat jy nog steeds lekker kan swem. Die Aussies is 'n swem nasie en daar is baie van hulle wat hier oefen en baie wat draf. Hier is nie 'n verskoning vir onfiksheid nie. Hulle swem die hele lengte van noord na suid, dit is vrek ver.




En hier dans hulle bietjie, met spykerhakke en al.













Nou waar is ons handdoeke?




Op pad terug het die Chinese nuwejaar gevier in die stad. Ons was ongelukkig nie in 'n posisie om die kleurvolle optog af te neem nie.









1 comment:

  1. Dit is ongelooflik mooi. Ek beplan Junie om so toertjie te doen van die plek op my pad na Auckland toe.

    ReplyDelete