Sunday, February 22, 2009

Botaniese Tuin Vrydag

Hier kom op die oomblik elke dag 'n groot passasierskip in die hawe in vir 28 dae in 'n ry. Donderdag het hierdie grote hier aangekom en ons het Vrydag voor werk gaan kyk. Hy (of seker sy) is hoër as party van die geboue en kan nie onderdeur die hawebrug nie. Dit is die tweede grootste passassierskip en die grootste kom binnekort in die hawe in. Dit is nog groter as hierdie een en is te groot om by hierdie terminaal te stop.
Nico werk nog nie. Die werk is skaarser op die oomblik, maar hy bly aansoeke insit en was verlede week vir 'n onderhoud. Ons het op pad werk toe na die skip gaan kyk en hy het daarna deur die botaniese tuin gestap. Daarna het hy my by die werk ontmoet en ons het middagete langs die water gesit terwyl ons die visse voer.
Die hitte is darem nou bietjie gebreek, maar Victoria is steeds gereed om te ontruim vir nog vure. Queensland het 3 keer in 'n ry weggespoel. Daar is huise wat 3 keer agtermekaar verspoel het. Ons het lekker reën gehad en vewag meer. Dit was baie droog na die hitte, maar die reën het lekker ingesak en die natuur is mooi.


































No comments:

Post a Comment