Sunday, February 22, 2009

Botaniese Tuin Sondag

Die skip wat Sondagoggend ingekom het is veel kleiner. Dit was 'n heerlike dag rondom die hawe en ons het weer in die botaniese tuin gaan rondloop. Mens kan nie glo jy kan so lekker ontspan in die stad nie. Nou ja, weet nie wanneer ons skip inkom nie, maar dit is 'n lieflike stad om in te bly!











Circular Quay is op die oomblik 'n kleurprag van blomme.



Daar is heelwat sulke Aussie karre











Spesiaal vir Oums:






Vlermuise, nie kleintjies nie!





Toe sak die voëls ons toe tydens middagete. Hierdie 2 koketoe's het die hele tyd daar gesit terwyl Nico hulle voer. Hulle vlieg deur jou hare en sit langs jou op die bank. Die ibis en duiwe het op die grond versamel en dit was soos 'n hele voëlpark.



Die derde voël het ook probeer plek kry, maar dit nie gemaak nie. Ongelukkig was ons te stadig met die kamera om die duif op die kop af te neem. Dit het soos 'n standbeeld gelyk.






Spesiaal vir Nix:

Botaniese Tuin Vrydag

Hier kom op die oomblik elke dag 'n groot passasierskip in die hawe in vir 28 dae in 'n ry. Donderdag het hierdie grote hier aangekom en ons het Vrydag voor werk gaan kyk. Hy (of seker sy) is hoër as party van die geboue en kan nie onderdeur die hawebrug nie. Dit is die tweede grootste passassierskip en die grootste kom binnekort in die hawe in. Dit is nog groter as hierdie een en is te groot om by hierdie terminaal te stop.
Nico werk nog nie. Die werk is skaarser op die oomblik, maar hy bly aansoeke insit en was verlede week vir 'n onderhoud. Ons het op pad werk toe na die skip gaan kyk en hy het daarna deur die botaniese tuin gestap. Daarna het hy my by die werk ontmoet en ons het middagete langs die water gesit terwyl ons die visse voer.
Die hitte is darem nou bietjie gebreek, maar Victoria is steeds gereed om te ontruim vir nog vure. Queensland het 3 keer in 'n ry weggespoel. Daar is huise wat 3 keer agtermekaar verspoel het. Ons het lekker reën gehad en vewag meer. Dit was baie droog na die hitte, maar die reën het lekker ingesak en die natuur is mooi.


































Saturday, February 14, 2009

Ete saam met ons vriende

So op valentynsdag het ons lekker saam met ons vriende midddagete gaan eet en uitgevind die eienaar van die restaurant kom uit Suid-Afrika. Daar was tafels vol Suid-Afrikaners.



Elaine, Phillip en Clinton


Phillip sorg vir die vermaak...

en geniet 'n smoothie.

Saturday, February 7, 2009

Royal National Park

Ons het die naweek gekreun van die hitte, maar ons kry nou lekker deurdringende reën. Dit was Saterdag so 34°C toe ons na die Royal National Park toe is, so 30km suid vanwaar ons bly. Hulle het 44°C voorspel vir die binneland. Dit was 'n heerlike ontsnapping uit die besige stad en dit is onbeskryflik mooi. Die bloekombome groei ruig met reuse palmbome tussenin en varings op die grond. Daar is ook groot dele banksia. Ons het omtrent 650 foto's geneem. Hier is so paar daarvan.



Eerste stopplek by die kiosk































































Adriaan se maatjie hieronder het oor en oor poseer vir foto's. Hy is hondmak.












Die meeste van hierdie voëls sit buite in die bome en loop op die grond, maar hierdie hans weergawe het vir homself 'n ereplek geskep op die tafels by die kiosk en geniet die kiosk se kos.






Die voetpaadjie tot by Wattamolla Strand





























Hou asseblief net op om my te fotografeer!!!




Die lagoon









Bloublasies, seemeeue, seeplante





Garie Strand

Behandeling teen die bloublasies se steek!






































































Uitkykpunt suid van Garie Strand



























Bald Hill Uitkykpunt net suid van die park. Die lug was baie vogtig en ons kon nie duidelike foto's neem nie. Doeeeer onder (as jy baie fyn kyk) kan jy die brug sien wat in die see gebou is. Sal volgende keer vroegoggend daar probeer wees.
















Die pad oor die brug...