Sunday, February 22, 2009

Botaniese Tuin Sondag

Die skip wat Sondagoggend ingekom het is veel kleiner. Dit was 'n heerlike dag rondom die hawe en ons het weer in die botaniese tuin gaan rondloop. Mens kan nie glo jy kan so lekker ontspan in die stad nie. Nou ja, weet nie wanneer ons skip inkom nie, maar dit is 'n lieflike stad om in te bly!











Circular Quay is op die oomblik 'n kleurprag van blomme.



Daar is heelwat sulke Aussie karre











Spesiaal vir Oums:






Vlermuise, nie kleintjies nie!





Toe sak die voëls ons toe tydens middagete. Hierdie 2 koketoe's het die hele tyd daar gesit terwyl Nico hulle voer. Hulle vlieg deur jou hare en sit langs jou op die bank. Die ibis en duiwe het op die grond versamel en dit was soos 'n hele voëlpark.



Die derde voël het ook probeer plek kry, maar dit nie gemaak nie. Ongelukkig was ons te stadig met die kamera om die duif op die kop af te neem. Dit het soos 'n standbeeld gelyk.






Spesiaal vir Nix:

1 comment:

  1. Ons is so bly dat ons nou op julle blog af gekom het. Ons vrek oor ossie en ons kort-lang termyn plan is om die plek ook ons tuiste te maak. So ons geniet die rond wys op julle blog.

    lekker naweek

    ReplyDelete